Maxitec Gedragskode

MAXITEC aanvaar en onderskryf hierdie gedragskode vir billike praktyk wat dien as maatstaf vir gedrag voorgeskryf in die handeling met individuele verbruikers.

SLEUTELONDERNEMINGS

Maxitec onderneem die volgende:

  1. Om billik, redelik en verantwoordelik op te tree in alle transaksies met kliënte;
  2. Te verseker dat alle dienste en produkte voldoen aan spesifikasies soos vervat in ons lisensies en in alle toeplaslike wette en regulasies;
  3. Nie onbillik te diskrimineer teen kliënte op grond van ras, geslag, ouderdom, godsdiens, gestremdheid, etniese agtergrond of seksuele oriëntasie nie;
  4. Om hoflik te wees en omsigtigheid aan die dag lê in onderhandelings met kliënte;
  5. Kliënte met die nodige inligting te voorsien aangaande dienste en pryse;
  6. Op aanvraag, en indien versoek, kliënte van raad te bedien afhangend van hul behoeftes;
  7. Persoonlike ingligting van kliënte vertroulik te hanteer;
  8. Om kliënte in te lig oor hul reg om klagtes na Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) te verwys.

VERBRUIKERSREGTE

Ons erken die volgende regte van kliënte aan wie ons dienste lewer:

  1. Die reg om voorsien te word van die nodige diens sonder onbillike diskriminasie;
  2. Die reg om ‘n diensverskaffer van eie keuse te kies;
  3. Die reg om inligting te ontvang in ‘n taal van voorkeur;
  4. Die reg tot toegang tot rekords en inligting wat deur die diensverskaffer gehou word;
  5. Die reg tot die beskerming van kliënte se persoonlike inligting, insluitend die reg om geen persoonlike inligting aan derde partye te verkoop sonder die nodige toestemming nie;
  6. Die reg om ‘n nommer te skuif binne aanvaarbare dienspraktyke;
  7. Die reg om ‘n klag in te dien, en
  8. Die reg op ‘n regstelling.

LID VAN ISPA

As lid van die Internet Service Providers Association (ISPA), onderneem MAXITEC verder om ook die ISPA Gedragskode en Dienshandves te ondersteun, te handhaaf en na te kom.