MAXITEC GEDRAGSKODE
Sleutelondernemings
- Om billik, redelik en verantwoordelik op te tree in alle transaksies met kliënte;
- Te verseker dat alle dienste en produkte voldoen aan spesifikasies soos vervat in ons lisensies en in alle toeplaslike wette en regulasies;
- Nie onbillik te diskrimineer teen kliënte op grond van ras, geslag, ouderdom, godsdiens, gestremdheid, etniese agtergrond of seksuele oriëntasie nie;
- Om hoflik te wees en omsigtigheid aan die dag lê in onderhandelings met kliënte;
- Kliënte met die nodige inligting te voorsien aangaande dienste en pryse;
- Op aanvraag, en indien versoek, kliënte van raad te bedien afhangend van hul behoeftes;
- Persoonlike ingligting van kliënte vertroulik te hanteer;
- Om kliënte in te lig oor hul reg om klagtes na Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (OKOSA) te verwys.
Verbruikersregte
Ons erken die volgende regte van kliënte aan wie ons dienste lewer:
- Die reg om voorsien te word van die nodige diens sonder onbillike diskriminasie;
- Die reg om ‘n diensverskaffer van eie keuse te kies;
- Die reg om inligting te ontvang in ‘n taal van voorkeur;
- Die reg tot toegang tot rekords en inligting wat deur die diensverskaffer gehou word;
- Die reg tot die beskerming van kliënte se persoonlike inligting, insluitend die reg om geen persoonlike inligting aan derde partye te verkoop sonder die nodige toestemming nie;
- Die reg om 'n nommer te skuif binne aanvaarbare dienspraktyke;
- Die reg om 'n klag in te dien, en
- Die reg op ‘n regstelling.